Gemmer pot poeding

Gemmer pot poeding
½ koppie appelkooskonfyt
½ koppie margarien
½ koppie melk
2 teelepels koeksoda
1½ koppie koekmeelblom
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout
Stroop
4 koppies water
1 koppie suiker
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn gemmer
Kook die konfyt en margarien saam.
Los die koeksoda op in die melk en gooi by.
Verwyder van hitte. Roer koekmeelblom, kaneel, gemmer en sout geleidelik by.
Maak die stroop in ‘n kastrol aan en verhit tot dit begin kook.
Skep lepels vol van die deeg mengsel in die kokende stroop.
Sit die kastrol se deksel op. Kook stadig op ‘n lae hitte tot deeg gaar en stroop lekker dik is.
Bedien saam met roomys of vla.

Sjokoladebondels

.
LEWER 24
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 2 uur
300 g verskeidenheid koekies, grof gekap
250 g gemengde neute-en-droëvrugtemengsel
350 g melksjokolade
100 g botter, gekap
125 ml (½ k) gouestroop
1. Botter bakpapier en voer ’n vierkantige pan van 20 cm daarmee uit. Meng die koekies en die neutmengsel in ’n groot bak en halveer die groot neute.
2. Smelt die sjokolade, botter en gouestroop in ’n bak oor ’n pan water wat prut terwyl jy af en toe roer tot glad en glansend. Giet oor die koekie-en-neutmengsel.
3. Keer die mengsel in die pan uit en maak liggies plat. Laat 2 uur of oornag verkoel voor jy dit in vierkante sny.
Deur Hope Malau.
Foto's: Megan Miller.
​





